Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for SARIE KOS

SARIE KOS

Lente/Somer 2026/27
Magazine

SARIE KOS gaan oor kos wat die mond laat water en is trots SA. Die tydskrif is vir enigeen wat geïnspireer word deur smake en geure, wat geliefdes wil bederf met geregte so reg uit die hart. G’n fieterjasies of aansitterigheid nie, net goeie, eerlike kos en gesonde idees vir almal wat die wêreld van kos wil ontdek en die heilsaamheid daarvan wil geniet.

SARIE KOS

KOOPGIDS

SARIE KOS

ONS WÊRELD • PRODUKTE | NUWE BESTANDDELE | ERVARINGS | GESONDHEID | BOEKE

Seisoen vir langer kuier

Cocktails VIR JOU GLAS & BORD • Die kuns van mengeldrankies is niks minder as kook in ’n glas nie. Die perfekte balans van soet, suiker, suur en alkohol sorg vir onvergeetlike oomblikke. En ja, jy kan jou mengeldrankie ook eet!

WES-AFRIKA DIE ‘NUWE’ speseryroete • Wanneer mense aan kookkuns uit Afrika dink, dwaal gedagtes dikwels na Suid-Afrikaanse braaivleis, Marokkaanse tagines of Ethiopiese injera. Maar tussen die Atlantiese Oseaan en die Sahel, die savanne net suid van die Sahara, lê een van die wêreld se geurigste kulinêre streke: Wes-Afrika. Bekend nie net vir sy kos nie, maar ook as ’n ryk bron van inspirasie vir mode en dekor

POND VOL SOET • Pondkoek met sy gelyke dele meel, botter, suiker en eier is ’n Britse lekkerte met ’n ekstra fyn tekstuur. Deesdae maak dié klassieke teekoek weer opslae in verskeie vorme, kleure en geure

SKATTE UIT AFRIKA SE SPENS • Rooibos en boegoe, maroela en kremetart. Dit groei in ons berge, woestyne, graslande en kusstreke – en bring die geure van Afrika na koppies, borde en kombuise reg oor die wêreld

KOOKKLAS: VARKLIES MAAG VOL LEKKER • Dis geen geheim dat varklies, dalk beter bekend as pork belly, een van die prima snitte vir die feestyd is nie. Dis vol geur en vol lekker. Met ’n paar truuks kan jy vanjaar se varklies nog blinker laat pronk op jou tafel

HERMAN SE HALFUUR NET 30 MINUTE • Hierdie middel-van-die-weeklekkertes vra vir min bestanddele en goeie gaarmaakmetodes. Hier is 6 resepte wat jy elk binne ’n halfuur kan maak!

KOUE VLEIS & SLAAI • Daar is nou maar eenmaal iets nostalgies aan feesdae se koue vleis en slaai. Vir my beteken dit ons gaan vandag aan waar gister opgehou het en dit gaan ewe mooi en lekker wees. Dis romerige souse en bros slaaie wat kraak onder jou tande. Dis swembadkuiers en bloedrooi waatlemoen. Dis my ma se yskas wat sê kom skep nog!

JOU GOEDVOELGIDS VIR LENTE & SOMER Blom VARS TRENDS • Die warmer maande bring hul eie heerlikhede – kom proe, koop en geniet! Hier is ’n paar van die seisoen se lekkerste eetgoed en mooiste trends

KIEP, KIEP HOERA! • Die lewe gaan oor die eenvoudige dinge wat die alledaagse vir ons mooi maak. Oondbraaihoender bly ’n staatmaker, en stel selde teleur. Hier is nou vir jou 6 planne om dié lekkerte te geniet

ORANJE LEKKERTE • Pampoen is ’n ikoon van feëverhale, drome en natuurlik krulhare, soos my ma geglo het. Maar dié lekkerte staan ook vir nostalgie, vir onthou, vir vernuwing en vir bykosse wat sê jou koets mag maar ’n pampoen word, want dis smaaklik!

Rooksein • Die somerson is uit en dit beteken net een ding vir ons Suid-Afrikaners: ’n vuur wat die lug vul met sy soet rook en die geure van kos wat prut, kook en braai oor warm kole. En dan daai groot lekkerte wanneer ons nader kan staan om te skep

’N P(R)UIMPIE VIR JOU • Ons gee graag pluimpies waar dit verdien word, maar vandag deel ons eerder ’n paar pruimpies. Hierdie pitkos oor pruime gaan jou waarskynlik met nuwe oë na dié sappige, soet somervrug laat kyk

KOOK MET MINDER SOUT booswig tot bondgenoot • ’n Bak stomende noedels, geurige sop of selfs ’n pakkie skyfies bevat dikwels daardie besonderse ‘vol’ smaak wat kos só bevredigend maak. Mononatriumglutamaat, of bloot MSG, is een van die bestanddele...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans